music

Nadine - Eindeloos

Adult Contemporary, Afrikaans
Eindeloos

Na die suksesvolle album 'This Time I Know' en 'n wonderlike prestasie in 'Jesus Christ Superstar' reik Nadine nou 'n nuwe  Suid-Afrikaanse album, 'Eindeloos', uit.

Nadine se persoonlike aanslag en passie is meer as ooit teenwoordig. In die liedjies wat sy geskryf het, stel sy haar emosies in die lirieke bloot en gee die gehoor 'n insiggewende blik op hoe die sangeres, wat al oor die vyftien jaar in die kollig woel, regtig voel.

'Eindeloos' is gedeeltelik in Swede en Belgie opgeneem en in Belgie vervaardig. Die bekende Suid-Afrikaanse liedjieskrkywer Rudi Claase het 'n aantal treffers bygedra, met ander deur die top-liedjieskrywer David Vervoort, haar 'Ouma' en Johan Rautenbach, met onder meer die skitterliedjie 'Ek Haal Weer Asem'. Die voorste vervaardig Lex de Groot ontgin Nadine se uitsonderlike vokale talent op die meesterstuk.

'Eindeloos' is nie net die titel van die album nie; dit is ook die beste definisie van die album se verwagte lewensduur!


Release Date : 31 Aug 2011